74% van Israelies wil nie aanval op Iran hê nie
ʼn Meningspeiling deur die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem het bevind 74-persent deelnemers is gekant teen ʼn vergeldingsaanval op Iran indien dit Israel se sekerheidsalliansie met sy bondgenote sou ondermyn. Ses-en-twintig-persent is ten gunste van ʼn aanval selfs al sou dit bande met bondgenote laat skade ly. Die meningspeiling toon ook 56-persent deelnemers glo Israel moet positief reageer op politieke en militêre eise van sy bondgenote. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu wraak gesweer het ná Iran se ongekende missiel- en hommeltuigaanval die naweek.