72 families op Karibib het hulle eie huise

Die Nasionale Behuisingsonderneming, het 72 huise op Karibib oorhandig. Die adjunkminister van landelike en stedelike ontwikkeling, Nathalia |Goagoses, sê die huise is deel van die Informele Nedersetting Opgradering en Bekostigbare Behuisingsprojek wat ten doel het om mense uit sinkhuise na steenhuise te verskuif. |Goagoses sê die 72 huise is maar ‘n druppel in die emmer in vergelyking met die agterstand in behuising, maar dit sal ‘n verskil aan die inwoners maak wat daar intrek.