7 SANDF-lede wat smokkelaars help, borg geweier

Sewe soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat na bewering sindikate gehelp het om gesteelde voertuie uit Suid-Afrika na Zimbabwe te smokkel, sal vir eers agter tralies bly. Die verdagtes het na bewering lede van die sindikate gehelp om die Limpoporivier oor te steek toe hulle in 2017 die grensdraad buite Musina bewaak het. Hulle sal na verwagting op 1 September in die Makhado-landdroshof in Limpopo om borgtog aansoek doen.