Omusati-boere kon nie hulle produkte verkoop met inperking nie

Tydens die onlangse streeksinperkings in Namibië, is die Omusati-streek hard geslaan. Sommige streke is in pare opgedeel en inwoners kon tussen streke beweeg, maar die Omusati-streek was op sy eie ingeperk met sake wat beperk was. Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê boere was die meeste geraak.