Nog 1 444 afleggings tot dusver vanjaar

Die jongste plaaslike berigte toon dat 1 444 afleggings in die eerste helfte van die jaar plaasgevind het. Volgens die arbeidsministerie, is die poste by 190 maatskappye besnoei. Met die nuwe syfers is die totale werksverliese in die afgelope 18 maande op 13 642. Volgens die ministerie was daar 67 werksverliese wat direk met Covid verbind kon word tot dusver die jaar terwyl die res van die afleggings verbind word met ekonomiese omstandighede en maatskappye wat hulle deure sluit. In Namibië is daar 4,6 afhanklikes vir elke salaristrekker en met die nuwe syfers is daar net meer as 62 700 Namibiërs wat direk geraak word met die afleggings.