Premier: Programme in plek vir minderbevoorregtes in feestyd

Sommige inwoners van Mukwanangobe informele nedersetting aan die buitewyke noordoos van Windhoek oorleef van die stortingsterrein deur blikkies en bottels in te samel om by skrootwerwe te verkoop om ‘n inkomste te verdien om in hul daaglikse behoeftes te voorsien. Op die vraag,wat die regering in plek het vir hierdie lede van die samelewing gedurende die feesseisoen, sê die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, aan Kosmos 94.1 Nuus die regering het programme in plek soos die voedselbank om Namibiërs te help wat nie in staat is om te ‘n ete vir Kersfees te bekostig nie.

Sy doen ook ‘n beroep op die privaatsektor om te help waar hulle kan net om ‘n glimlag op die gesigte van hierdie Namibiërs te sit.