Nadoodse ondersoek op liggaam van VSA sportjoernalis  

Die liggaam van die Amerikaanse sportjoernalis Grant Wahl het in sy vaderland aangekom vanuit Katar, waar hy tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gesterf het. ’n Lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van sy dood te bepaal. Die 49-jarige Wahl is Vrydag dood nadat hy tydens die wedstryd tussen Argentinië en Nederland ineengestort het. Hy het verlede maand berig hy is kortstondig aangehou en toegang tot ‘n stadion geweier omdat hy ‘n reënboog-T-hemp gedra het ter ondersteuning van LGBTQ+-regte. Twee ander joernaliste is ook tydens die toernooi dood.