DA is gereed vir Phala Phala-stem in NV

Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die party is gereed vir vandag se parlementêre verrigtinge vir die oop stemming oor die verslag van die Artikel 89-paneel oor die Phala Phala-plaasdiefstal. Steenhuisen het in Kaapstad gesê hulle is vol vertroue vir ʼn 50 persent plus een stem wat daartoe kan lei dat President Cyril Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging geplaas word.