67 ongelukke met 10 sterftes in 7 dae

Die jongste statistiek rakende padveiligheid toon dat daar tussen 28 Augustus en 4 September tien sterftes op ons paaie aangeteken is met 117 beserings. Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds was daar 67 ongelukke aangeteken in die sewe dae. Die syfers sluit nie die gru-ongeluk van voor tussen die bussie en die sedan waar drie mense dood is nie. Die fonds sê meeste van die ongelukke het in die Noorde plaasgevind met die Ongwediva-handelskou wat aan die gang was. Al het Namibië van die beste padinfrastruktuur op die vasteland en die streek het die Wêreldgesondheidsorganisasie Namibië 14de in die wêreld geplaas met sterftes tydens motorongelukke. Op die oomblik sterf 44 persone per 100 000 in die land, tydens ongelukke.