65 in Krugersdorp vas na 8 vroue 32 keer verkrag is

Vyf-en-sestig verdagtes is in Suid-Afrika in hegtenis geneem nadat agt vroue, saam met ander produksiespanlede, op die stel van ‘n musiekvideo in Krugersdorp verkrag en beroof is. Hulle is blykbaar almal buitelanders wat onwettig myn. Hulle staan in die buurland bekend as zama zamas. Die polisie ondersoek 32 aanklagte van verkragting en een van gewapende roof. ‘n Produksiespan was besig om ‘n musiekvideo in West Village by ‘n ou myn te verfilm toe die mans hulle aangeval het. Hulle het eers agt vroue, almal modelle, verkrag voordat hulle van hul besittings beroof is. Die polisieminister, Bheki Cele, het met die media gepraat.