40 Oekraïnse krygsgevangenes dood in aanval, Rusland ontken skuld

Oekraïne ontken Rusland se aantyging dat hy ‘n tronk in die separatiste-beheerde ooste van die land aangeval het waar Oekraïense krygsgevangenes aangehou word. Moskou sê 40 gevangenes is in die missielaanval dood, wat sommige wat die Azovstal-staalaanleg in Mariupol verdedig het, inlsuit. Die Russiese Verdedigingsministerie sê die aanval was gemik op die verhoorafwagtende aanhoudingsentrum in Olenivka. Kiëf hou vol hy was nie verantwoordelik vir die slagting nie.