64 munisipaliteite in SA is wanfunksioneel

Die Suid-Afrikaanse Parlement se portefeulje-komitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het gehoor van die 64 munisipaliteite wat as wanfunksioneel beskryf word, is 26 reeds onder grondwetlike ingryping. Die Nasionale Tesourie het die komitee gister hieroor ingelig. Van die 64, word net 16 as stabiel gereken, met 12 wat in die Wes-Kaap is. Die voorsitter van die komitee, Faith Muthambi, sê hulle is veral bekommerd oor die wanfunksionele munisipaliteite in Noordwes, maar is bly die Tesourie is besig met die implimentering van ingrypings om hierdie munisipaliteite by te staan.