Ses-meter golfhoogtes in Kaap verwag

Die SA Weerdiens voorspel nog ‘n kouefront van môre af in die Wes-Kaap. ‘n Woordvoerder van die Stad Kaapstad, Charlotte Powell, sê die voorspelling sluit ontwrigtende reën, sterk wind en golfhoogtes van tot ses meter in. Sy sê die stad is op ‘n gereedheidsgrondslag om enige gevolge van die ongunstige weersomstandighede te hanteer, soos die skoonmaak van paaie wat oorstroom is.