SA Sakekamer hoop nuwe Eskom-raad bring verantwoording

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid doen ‘n beroep vir die stigting van ‘n onafhanklike liggaam om die direksies van ondernemings in staatsbesit aan te stel. Die kamer se president, Mtho Xulu, sê ‘n onafhanklike kommissie kan help om die regte vaardighede in sulke instellings te plaas. Xulu sê die kamer hoop die aanstelling van die nuwe Eskom-raad sal goeie bestuur meebring.