Water steeds vanaf Otjiverodam na Tilda Viljoen oorgepomp

Namibiese damme is tans gesamentlik 76,8 persent vol, teenoor verlede jaar se 78,9 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 85,7 persent vol, met die  Neckartaldam se vlak op 96,9 persent en die Nautedam op 88,3 persent. Altesaam 2,130 miljoen kubieke meter water is uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek. Sentrale damme is tans 50,6 persent vol teenoor verlede jaar se 72,1 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 43,8 persent. Water word steeds vanaf die Otjiverodam na die Tilda Viljoendam op Gobabis oorgepomp met sy vlak nou op 51,1 persent.