Nuwe voertuigverkope styg skerp in SA

Die verkope van nuwe voertuie in Suid-Afrika het verlede maand met 10,8 persent opgeskiet vergeleke met ‘n jaar gelede. Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika, Naamsa, sê uitvoerverkope het jaar-op-jaar met 104,6 persent toegeneem. Naamsa sê die sterk vertoning in voertuiguitvoere kan steeds toegeskryf word aan die rimpel-uitwerking van die kuberaanval op Transnet se bedrywighede in September verlede jaar. Die verkope van nuwe passasiersvoertuie het jaar-op-jaar met 9,7 persent toegeneem. Naamsa verwag die mark se huidige groeitempo gaan die res van die jaar afneem.