6% verhoging; Numsa sê hy het meer behaal as Cosatu

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, het ‘n loonverhogingsooreenkoms met Macsteel onderteken. Die staalvervaardigingsmaatskappy wat 62 takke landswyd het, is geraak deur die drie-weeklange nasionale staking in die ingenieursbedryf vroeër die maand. Numsa se woordvoeder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Macsteel sal die ses-persent loonooreenkoms wat as deel van die ooreenkoms met die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suidelike Afrika onderteken is, onmiddellik implementeer word: