50% van aansoeke om verstekvonnisse is van banke 

Regters Herman Oosthuizen en Eileen Rakow het vanoggend die mosiehof in die hoofstad hanteer. Daar was 115 sake op die rol, met 13 reël 108 aansoeke. Kommersiële banke het 65 van die aansoeke gebring. Hulle eis 23 onbetaalde lenings, ter waarde van amper 6,5 miljoen Namibiese dollar op sowel as 28 lenings op eiendomme wat nou betaalbaar is. Daardie skuld beloop net meer as 41,7 miljoen dollar. Veertien voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Philanda Christiaan 25 onverdedigde egskeidings hanteer.