400 in Tsumeb kry sertifikate van bewoning

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het 400 sertifikate aan inwoners van Tsumeb oorhandig wat erken dat hulle op munisipale grond woon. Dit vorm deel van die munisipaliteit se pogings om informele nedersettings te formaliseer en om behuising te voorsien. Die dokument sal toelaat dat die huishoudings op hulle erf kan bly. Die minister sê die stelsel is die beste manier om veral lae-inkomste huishoudings van ‘n erf te voorsien.