Owerhede keur amptelik kinderspuite in VSA goed

Amerikaanse reguleringsowerhede het amptelik die Moderna en Pfizer entstowwe teen Covid goedgekeur vir gebruik op kinders vanaf die ouderdom van vyf. Namibiese owerhede het onlangs bevestig dat daar geen oorweging is om tieners, soos in Suid-Afrika, in te ent nie omdat daar nie genoeg volwassenes is wat die spuit ontvang het nie. President Joe Biden is van mening dat dit die verspreiding Covid in veral skole, kan bekamp. Hy het die aankondiging gemaak.