Yvonne Chaka Chaka bied veldtog vir goedhartigheid aan

Die koördineerders van die Kindness Contagion-projek het hulle aanlyn herdenking van Wêreld-goedhartigheidsdag Afrika op 13 November aangekondig. Dit word aangebied deur die musiek-ikoon, Yvonne Chaka Chaka. Sy sê Afrika se mense is waarlik goedhartig. Chaka Chaka hoop miljoene mense sal by die veldtog aansluit. Die geleentheid se eerste uur sal ‘n viering wees met sommige kunstenaars wat verlede jaar die Kindness Contagion-lied en -musiekvideo saamgestel het. Die projek het ontstaan as ‘n Pan-Afrika-reaksie op die Covid-19-pandemie.