40 pelikane in die Kaap toets positief vir H5N1

Altesaam 40 groot wit pelikane het reeds gevrek weens die H5N1-voëlgriepstam nadat dit by ‘n plaas noord van Malmesbury en Dasseneiland in die Wes-Kaap opgespoor is. CapeNature en die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls sê hulle hou die situasie dop en doen die nodige stappe, aangesien hierdie stam hoogs aansteeklik is. CapeNature sê daar is slegs min of meer 370 groot wit pelikaan broeipare in die provinsie en die spesie is as kwesbaar aangeteken.