38% van dokters in SA wil emigreer

‘n Opname deur die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, SAMA, toon dat tot 38 persent van dokters beplan om die land te verlaat weens die beoogde instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering. Die vereniging verteenwoordig meer as 12 000 dokters. Volgens die opname het die dokters nie vertroue in die regering se finansiële vermoë om die stelsel te laat slaag nie. ‘n Aantal artse sê die regering moet eers daarop fokus om die openbare sektor op ‘n vlak te kry waar dit private pasiënte kan lok om dit ook te gebruik.