Kora-saak kom weer voor

Die Kora-aangeleentheid is weer vanoggend voor Regter Herman Oosthuizen vir ‘n status verhoor. Die saak, wat sedert 2016 sloer, handel oor die mislukte Kora-musiektoekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het die net minder as 24 miljoen Namibiese doller aan die Nigeriese sakeman Ernst Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die toekennings. Adjovi het in 2004 die musiek toekennings geskep. Dit sou in Namibië gehou in Desember 2015 plaasvind maar het nooit gebeur nie. Die Namibiese Toerismeraad eis terugbetaling. Vandag sal datums vir hoof argumente se indiening bepaal word na getuienis in Mei gelewer is.