Oogkliniek by Sentraal steeds oop

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese ministerie van gesondheid Ben Nangombe sê alhoewel daar bykomende maatreëls vir die Katutura en Sentraal hospitale in die hoofstad daargestel is, is die gewilde oogkliniek by Sentraal Hospitaal steeds oop en dien dit steeds pasiënte van regoor die land.