300 miljoen Afrikane onderwerp aan internetsensuur

Volgens Surfshark se jaarlikse verslag oor internetsensuur is 4,2 miljard mense wêreldwyd in 2022 hieraan onderwerp, waarvan sowat 300 miljoen in Afrika is. Die verslag sê Afrika was tweede na Asië in internetafsluitings. Surfshark sê dit kan verwoestend en uiters gevaarlik wees, veral tydens oorlogstyd, betogings of gewelddadige regeringsonderdrukkings. Internetbeperkings kan dit moeilik of selfs onmoontlik maak om mense vir die verdediging van demokrasie te mobiliseer, geliefdes te kontak, toegang tot nuuswebwerwe te kry en inligting na die buitewêreld te kry oor wat aan die gebeur is. Volgens die verslag het Zimbabwe, Somalië, Sierra Leone, Burkina Faso en Soedan ‘n gesamentlike 13 internetbeperkings aan hul mense opgelê.