Weste bewys met tenks hy is verbind tot ‘n oorwinning in die Oekraïne

Die voormalige bevelvoerder in die Britse weermag, David Leakey sê die aankondiging dat Westerse lande die Oekraïne met tenks bystaan, stuur ‘n uiters belangrike boodskap aan die Kremlin. Leakey sê President Vladimir Putin sal nou verstaan dat die Weste alles in die stryd sal werp om te verseker die Oekraïne wen die oorlog.