30 Leerders onder 107 nuwe Covid-19 gevalle

Daar is 30 leerders, 9 onderwysers en 2 gesondheidswerkers onder die 107 nuwe Covid-19 gevalle wat in die land bevestig is.Die Covid-19-verwante sterftes het met 4 gestyg, 2 in Windhoek en een elk in onderskeidelik Walvisbaai en Swakopmund wat die sterftesyfer nou op 537 te staan bring.Die aktiewe gevalle staan tans op 1 897 waarvan 158 in die hospital is, en 36 in intensiewe sorgeenhede behandel word.