Swaar verkeer op hoofroetes verwag vandag

Swaar verkeer word vandag op die hoofroetes van die land verwag .Volgens die Namibiese verkeersdienste sal die roetes van die kus en die noorde na die hoofstad die meeste verkeer dra met mense wat terugkeer huistoe na die Paasnaweek. Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur en ‘n benadering van geen tolleransie gaan volgens verkeersowerhede gevolg word met oortreders.Verskeie ernstige ongelukke het reeds die langnaweek op van die land se paaie plaasgevind. Kom ons sluit aan by Aubrey Oosthuizen van die Wes-Kus Veiligheids Inisiatief op Swakopmund en hoor hoe dinge aan die kus verloop…