21% van Namfisa se inkomste is heffings van mikroleners

Reaksie word ontvang op berigte dat Namfisa meer as 120 miljoen Namibiese dollar in heffings van mikroleners in die afgelope drie jaar verdien het. Die heffings beslaan 21 persent van sy totale inkomste. Volgens Jason Kasuto, besturende direkteur by Monasa Advisory and Associates is dit ‘n aanduiding van ekonomiese druk wat huishoudings ervaar.