NamPower versoek om rente te skrapJuly 5, 2025
Plaaslike- en streeksowerhede se agterstallige skuld by NamPower neem gemiddeld met 10 miljoen Namibiese dollar elke maand toe, sê die Elektrisiteitsbeheerraad. In ‘n poging om dié owerhede te help om hul skuld te delg, het die ECB voorgestel dat NamPower sy rentebeleid hersien. NamPower behoort die skrap van rente op agterstallige skuld te oorweeg, sê die ECB.