Styging in brandstofprys sal druk op huishoudings verergerJuly 3, 2025
Die vakbond Giwusa veroordeel die brandstofprysverhogings en noem dit ‘n regstreekse aanval op die werkersklas en die armes. Drie-en-negentig-oktaan petrol het gister met 55-sent per liter gestyg, en 95-oktaan met 52-sent. Diesel het met 84-sent duurder geword en lampolie met 89-sent. Die vakbond sê dit is weens globale konflikte, oorbelasting deur die regering en mislukkings in die energiebeleid. Giwusa se woordvoerder, Mametlwe Sebei, waarsku dit sal tot hoër voedsel- en vervoerkoste lei, werksverliese veroorsaak en ongelykheid vererger: