Elektroniese ID’s sal lewe vergemaklik June 30, 2025

Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê dat Namibië se komende elektroniese identiteitskaarte landsburgers in staat sal stel om toegang tot noodsaaklike dienste te verkry sonder om die fisiese ID-kopie te toon. Die digitale ID-inisiatief, wat in vennootskap met die VN se ontwikkelingsprogram bekendgestel is, vorm deel van die land se breër strewe na digitale transformasie en verbeterde dienslewering.