Bezos-troue bring 68% van Venesië se jaarlikse inkomste in een naweek June 30, 2025
Jeff Bezos en Lauren Sanchez het hul drie dae lange troue in Venesië die naweek afgesluit met ʼn viering by ʼn ou Middeleeuse skeepswerf, Arsenale. Die Amazon-miljardêr en die voormalige joernalis is in ʼn privaat seremonie op die afgesonderde, geskiedkundige eiland, San Giorgio Maggiore, getroud. Venesië se ministerie van Toerisme het beraam die viering sal byna 68-persent van die stad se jaarlikse toerisme-omset in net een naweek inbring. Betogers was egter gekant teen wat hulle beskou as die wêreld se rykstes se oorname van die idilliese Italiaanse eilandstad.