Epembe kry 23 nuwe boorgate June 29, 2025

Vier nuwe boorgate, wat vars water aan duisende mense in 23 nedersettings sal voorsien, is Saterdag deur eerste minister Elijah Ngurare i die Epembe-kiesafdeling in die Noorde oorhandig. Ngurare het ‘n beroep op inwoners, veral die jeug, gedoen om ten volle van dié water gebruik te maak deur groente en vrugte by hul huise te kweek om selfvoorsienend te raak.