Interpol sê misdaadintelligensie in SA geknouJune 29, 2025

Die Interpol-misdaadambassadeur, Andy Mashaile, sê die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, is rede tot ernstige kommer vir wetstoepassing. Khumalo en ses ander is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie. Die Pretoria-landdroshof het borgtog van 10 000 rand aan vyf van die beskuldigdes toegestaan, terwyl een beskuldigde in aanhouding bly vir soortgelyke aanklagte in ‘n ander saak. Mashaile het aan SABC News gesê dis jammer dat die vertroue in misdaadintelligensie skipbreuk ly: