CoW soek meer voedsame tuine in erwe June 28, 2025
Windhoek se burgemeester Ndeshihafela Larandja gaan ‘n tuinbouprogram van stapel stuur om volhoubare tuinmaakpraktyke te bevorder wat onder voedselsekuriteit en voedsaamheid in die hoofstad ‘n hupstoot sal gee. Die Windhoek Grows-veldtog skop in Julie in samewerking met die landbouministerie en die Universiteit van Namibië af. Die munisipaliteit beoog om tussen 200 en 300 inwoners op te lei in vertikale tuine in hul erwe, asook om tuin in potte te maak en waterwys te wees. Fokus sal op die kweek van seisoenale groente val, wat ook verkoop kan word en sodoende inkomste genereer.