Twee maande, dwelms van N$6,4mJune 27, 2025
Die Namibiese Polisie het in Maart en April alleen dwelms ter waarde van meer as 6,4 miljoen Namibiese dollar gekonfiskeer en 363 verdagtes in hegtenis geneem, waarvan 343 Namibiërs was. Die mag sê hulle is bekommerd oor misdaad in die samelewing wat sosiale en ekonomiese afwykings veroorsaak, waarvan dwelmverwante misdade ‘n groot deel uitmaak. Dagga ter waarde van sowat 5,6 miljoen dollar is gekonfiskeer, asook 4 712 Mandrax tablette, 57,5 gram kokaïne-poeier en 161 eenhede crack kokaïne. Die Mandrax is meer as 565 000 dollar werd, die kokaïen-poeier 27 000 dollar en die crack kokaïen 16 000 dollar.