Al die rykes is in Venesië vir Jeff Bezos se troueJune 27, 2025
Die wêreld se rykes en beroemdes het in Venesië aangekom vir die driedaagse troue van Amazon-miljardêr Jeff Bezos en sy bruid, Lauren Sánchez, te midde van betogings daaroor in die stad. Donald Trump se dogter, Ivanka, was een van die eerste van die sowat 200 gaste wat opgedaag het, asook Kim en Khloé Kardashian, Oprah Winfrey, Orlando Bloom en koningin Rania van Jordanië. Meer as 90 private stralers het gaste na die Marco Polo-lughawe gevlieg, terwyl ander in hul superjagte aangekom het. Die troue sal na raming tussen 836 miljoen Namibiese dollar en ‘n miljard dollar kos.