So kan boere foutiewe brandmerk-deregistrasie regstelJune 27, 2025

Sedert Julie 2023 werk die direktoraat veeartsenydienste en die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad daaraan om produsente-inligting in NamLITS op te dateer weens baie onaktiewe veebrandmerke Die finale sperdatum vir verifikasie was 25 April vanjaar en ongeverifieerde brandmerke word nou gedeaktiveer maar daar is blykbaar foutiewe deregistrasies. Die raad se Viktor Klazen het produsente aangemoedig om in kontak te kom om foutiewe deregistrasies aan te spreek.