Hamas sukkel, ondersteuning daalJune 27, 2025
Hamas, sonder bevelvoerders, sonder ‘n groot deel van sy tonnelnetwerk en onseker oor die steun van sy bondgenoot Iran, sukkel om in Gaza te oorleef te midde van rebelse milisiegroepe en meedoënlose Israeliese militêre druk. Reuters berig die groep sukkel om beheer te hou en om dinge te vererger, ondersteun Israel rebelle in Gaza. Die Palestyne is vuisvoos en raak toenemend krities van die beweging. ‘n Skietstilstand sal volgens berigte die beweging help om te hergroepeer.