Gratis tersiêre onderwys bied gulde geleentheid aan regeringJune 27, 2025

Reaksie word steeds ontvang oor die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings. Sommige ontleders waarsku dat gratis hoër onderwys moeilik haalbaar sal wees, want die geld moet iewers vandaan kom. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sê die land se minerale kan daarvoor betaal. Die arbeidskenner Herbert Jauch is meer positief.