Olie styg effe vanoggend, maar is steeds laag June 25, 2025
Oliepryse het vanoggend effe gestyg na ‘n amper 6 persent daling Dinsdag. Op die oomblik verhandel dit net bo 68 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die onstuimigheid is veroorsaak deur die chaos in die Midde-Ooste. Brent is tans op die laagste vlak sedert 10 Junie nadat die tot ‘n hoogtepunt in vyf maande gestyg nadat die VSA Iran se kernfasiliteite oor die naweek aangeval het. Op die oomblik hou die skietstilstand al is dit broos. Dit kom nadat president Donald Trump beide Iran en Israel in die openbaar berispe het omdat hulle ‘n wapenstilstand oortree het.