Skrywer C. Johan Bakkes sterf op 68June 25, 2025

Die bekende Suid-Afrikaanse skrywer C. Johan Bakkes is dood na ‘n lang stryd met kanker en verwante siekte. Hy was 68. Bakkes was die oudste kind van Cas en Margaret, albei bekende skrywers. Sy eerste van ses boeke, Moer toe in die vreemde in, was in 2001 gepubliseer met die laaste, Openbaring in 2016. Sy  unieke en eiesoortige wyse waarop hy verslag gelewer het oor sy reise, het lesers oor ‘n wye spektrum aangespreek, en het van hom ‘n geliefde mens en skrywer gemaak.