Mathe, Haihambo heraangestel as uitvoerende direkteureJune 24, 2025

Eerste Minister Elijah Ngurare het die heraanstelling van dr. Audrin Mathe en Sikongo Haihambo as uitvoerende direkteure in hul onderskeie ministeries goedgekeur. Dit volg op ‘n aanbeveling van die Staatsdienskommissie, en die aanstellings is in terme van die Staatsdienswet van 1995. Mathe is heraangestel as uitvoerende direkteur in die inligtingministerie op ‘n vyf-jaar vaste termyn-kontrak, effektief vanaf 1 November 2025. Haihambo is heraangestel as uitvoerende direkteur in die omgewingministerie vir ‘n hernieude termyn van twee jaar en vyf maande, vanaf 1 Desember 2025.