Elektroniese ID’s baie goeie stap vir Namibië, sê kundigeJune 24, 2025

Namibië se reis van digitale transformasie neem die komende week ‘n belangrike wending met die implementering van elektroniese identiteitsdokumente. ‘n Bewusmakingsveldtog oor e-ID’s skop die komende week in Windhoek af. Kosmos 94.1 Nuus het met Nrupesh Soni, ‘n digitale strateeg en data-ontleder gesels.