Botha bedank as Welwitschias hoofafrigter, De la Harpe kry nuwe rolJune 24, 2025
Die Namibiese Rugby-unie het aangekondig dat die hoof-afrigter van die nasionale mans-15 tal die Welwitschias, Chrysander Botha, uit die pos bedank het. Dit is weens toenemende professionele verpligtinge buite die sport. Die NRU sê hulle respekteer sy besluit en het Botha van harte bedank vir sy toewyding en waardevolle bedraes in sy tyd in die rol. Die unie het dadelik kontinuïteit in die span se voorbereidings vir die Afrika-beker toernooi verseker deur Darryl de la Harpe as tegniese assistent vir die span aan te stel. Alle operasionele- en prestasiebeplanning gaan voort, met die doel om vir die 2027 Wêreldbeker te kwalifiseer.