Vyf oor die naweek dood in ongelukke June 23, 2025

Minstens vyf mense is die afgelope naweek in padongelukke in Namibië dood. Twee mans en ‘n vrou is dood ná die bestuurder van ‘n nutsvoertuig Saterdagmiddag ‘n trok op die pad naby Seeis wou verbysteek en in ‘n botsing met ‘n aankomende sedanmotor betrokke was. Op die Guinas-grondpad in die Oshikoto-streek is ‘n man Vrydagaand dood ná ‘n bestuurder sonder ‘n lisensie beheer oor ‘n voertuig verloor en dit gerol het. ‘n Voetganger is Saterdagaand naby die Sikondo-nedersetting in Kavango-Wes doodgery toe hy die B10-pad wou oorsteek.