Kandjeke onbeïndruk met NsfafJune 23, 2025
Die Namibiese Studente –hulpfonds, Nsfaf het ‘n gekwalifiseerde ouditopinie by die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang vir die 2023-24 boekjaar. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor standaard prosedures by die fonds wat nie goedgekeur is nie en gedateer is. Dit, ten spyte van die feit dat die fonds internasionale openbare sektor rekeningkundige standaarde aangeneem het. Hy het ook kommer oor die fonds se volhoubaarheid en sê net 1 persent van 1,8 miljard Namibiese dollar wat hy geskuld word, is ingevorder.