Hulp nodig by Khorixas veldbrand, 3 000ha veld reeds verwoesJune 23, 2025

‘n Beroep word gedoen vir enige vorm van hulp om die reuse-vuur tussen Khorixas en Sorris Sorris, in die rigting van Uis, te help beheer of blus. Daar is volgens plasings op sosiale media reeds meer as 3 000 hektaar welige veld vernietig en daar waai ook ‘n sterk wind. Daar is glo min brandslaners en water, en ‘n klein groep lede van die gemeenskap veg verbete teen die oormag. ‘n Gemeenskapslid het so op sosiale media gerapporteer: